影片說明
Geniet Pieter Pruis se musiekvideo vir “Praat En Praat”!
Gaan luister Dis Net Jy op al jou gunsteling platforms!
https://ffm.to/pieter-pruis-praat-en-praat
Lirieke:
Sy sit op die rand van môre se droom
koffie koud en oë vol hoop
En ek loop met woorde wat sy nie verstaan nie
Sy kyk diep, maar bly net stil
Het sy nou rêrig geen benul
hoe ek voel oor haar
Want ek praat en praat en praat,
maar ek sê duidelik nie genoeg nie
En ek skree dit ’n duisend keer
maar dit is nie wat sy wil hoor nie.
Verloor my kop in die proses
sy maak my mal, ek doen my bes
dat sy net eenkeer ook vir my kan val
Haar ma noem my klaar skoonseun
en haar pa laat my die bakkie leen
maar sy maak of sy glad nie hiervan weet
Sy rol haar oë en loop verby
as sy sien dat ek na haar kant toe kyk.
Is dit moontlik ek is smoorverlief verby
Want ek praat en praat en praat
maar ek sê duidelik nie genoeg nie
En ek skree dit ’n duisend keer
maar dit is nie wat sy wil hoor nie
Verloor my kop in die proses
sy maak my mal, ek doen my bes
dat sy net eenkeer ook vir my kan val
Want ek praat en praat en praat
maar ek sê duidelik nie genoeg nie
En ek skree dit ’n duisend keer
maar dit is nie wat sy wil hoor nie
Verloor my kop in die proses
sy maak my mal, ek doen my bes
dat sy net eenkeer ook vir my kan val
Skrywer / Publiseerder:
Pieter Pruis / Vonk Uitgewers CC
Regisseurs:
George van Rooyen
Konsep:
George van Rooyen
Kameras:
Michael van Zyl
Thsepang Modisane
Redigeerder:
Ruan Bouwer
Kleurredigeerder:
Tshepang Modisane
Musiekvideo-vervaardiger:
CoolerBox Brothers
Liedjie-vervaardiger:
Tertius Human / Laughing Lamp Records
http://www.realmusic.co.za/
https://twitter.com/vonkmusiek
https://www.facebook.com/vonkmusiek
Subscribe here: https://www.youtube.com/channel/UCoEpTYzBXDhB5eoSZ6ALa8w?sub_confirmation=1